Drie voordele van inhoudbemarking vir restaurante

Ten tye van die COVID-19-inperking het menigte maatskappye, maar veral restaurante, baie swaar gekry. Ten spyte van ’n mate van terugkeer na normaliteit, is die voedsel-industrie steeds swaar getref en uiters afhanklik van bemarking om hulle ondernemings te laat oorleef. Een deel waarop ondernemings gewoonlik sny wanneer hul finansieel swaarkry, is bemarking. Tog besef ondernemings nie dat hul juis in dié tyd meer energie moet bestee aan bemarking om hul oorlewing te verseker nie.

Inhoudbemarking kan ’n belangrike manier wees waarop jy kan verseker dat jou restaurant se handelsmerk tersaaklik bly. Hier volg vier voordele van inhoudbemarking vir restaurante:

1) Inhoudbemarking is meer bekostigbaar as ander vorme van bemarking:

Wanneer jou restaurant sukkel, is dit moeilik om die kopskuif te maak dat jy steeds geld aan bemarking moet spandeer. Die strategie kan beteken dat restaurante op ander duurder vorme van bemarking, soos tradisionele advertensies, sny. Daarteen is inhoudbemarking heelwat goedkoper en kan dié vorm van bemarking voortgesit word. Hier is ’n paar redes waarom dit wys is om eerder op inhoudbemarking te fokus:

  • Mense spandeer baie tyd aanlyn, veral op sosiale media. Mense spandeer gemiddeld sowat 145 minute ’n dag op sosiale media en die meerderheid (sowat 70%) spandeer hul tyd op Facebook. Buiten Facebook sê sowat 59% van Instagram-gebruikers dat hul die platform daagliks besoek. Daarom is die potensiaal daar dat kliënte jou restaurant se bemarking kan raaksien indien jy gebruik maak van inhoudbemarking.
  • Dié vorm van bemarking is relatief goedkoop. Indien jy self die inhoud skep, kos dit slegs tyd en kreatiwiteit. Daarbenewens, indien jy wel kapitaal wil spandeer aan bemarking, is sosialemediabemarking relatief goedkoop om as bykomende bemarkingskanaal te gebruik.

2) Dit help as jou onderneming ’n konneksie met kliënte kan maak:

Dit is uiters belangrik dat ondernemings werklik langtermynverhoudings bou met hul kliënte. Kliënte hou daarvan om geld te spandeer by ondernemings wat integriteit het en wat lojaal is aan hul kliënte. Mense hou nie daarvan as daar voortdurend aan hul verkoop word nie, hul wil voel dat hul deel vorm van ’n gemeenskap as hul jou onderneming ondersteun. Maak seker jou restaurant spreek dié behoeftes van jou kliënte aan deur deel te neem in die plaaslike gemeenskapsaktiwiteite en gebruik jou bemarkingskanale en sosiale media om die boodskap deur te gee dat jou onderneming vir sy kliënte omgee.

3) Inhoudbemarking help nuwe produkte adverteer:

Dit was nog nooit so nodig vir restaurante om aan te pas by veranderende omstandighede soos gedurende die afgelope jaar nie. Skielik is afleweringsdienste die norm en het die produkte wat baie restaurante bied, baie verander. Sommige restaurante het begin om verhit-en-eet-etes te verkoop en ander het die uitleg van hul restaurant heeltemal verander om COVID-19 te help beveg. Inhoudbemarking kan uiters goed werk om jou restaurant te adverteer in hierdie onsekere tye. Skep byvoorbeeld unieke resepte of video’s wat kliënte leer om hul gunstelingetes by die huis te maak. Dit wen kliënte se lojaliteit wat op lang termyn sal help dat jou onderneming oorleef.

Dit is uiters belangrik vir restaurante om nie net meer staat te maak op hul ligging of spyskaart om verkope te verseker nie. Daarby is dit ook nie nodig om net duur tradisionele kanale van bemarking te gebruik om mense bewus te maak van jou onderneming nie. Inhoudbemarking wat op sosiale media gedeel word, kan uiters waardevol wees en verseker dat jy ’n goeie kliëntebasis opbou.