
AfriForum Sakenetwerk
Word deel van ’n netwerk waar jou onderneming én jy die middelpunt is.
Oor ons
Hierdie netwerk bestaan uit twee dele: AfriForum Sakenetwerk as ’n databasis van ondernemings wat deur AfriForum-lede besit of bestuur word, en ondernemings wat nie lid is nie, maar wat wel ’n diens in Afrikaans kan lewer. AfriForum-lede wat hul ondernemings registreer en aandui dat hulle lede is, se ondernemings sal outomaties op albei databasisse geregistreer word. Persone wat nie lede van AfriForum is nie se ondernemings sal net op die algemene databasis geregistreer word. Lede van AfriForum word aangemoedig om ander lede se ondernemings te ondersteun deur die AfriForum Sakenetwerk.


Artikels
-
’n Regspraktyk gebou op harde werk, geloof en verhoudings
Vir die direkteure van De Klerk Vermaak en Vennote Ing. is die reg nie net ’n beroep nie – dit was nog altyd ’n roeping. Die reis het in 1999 begin toe Werner van Wyk sy klerkskap by die firma aangepak het terwyl hy nog sy finale jaar van sy LLB-graad voltooi het. Nadat hy…
-
Cari Taljaard se verhaal
Die begin 1. Wat het jou geïnspireer om jou onderneming te begin? Ek wou nog altyd fotografie doen. Toe kry ek ’n geleentheid om ’n fotografiekursus te doen. Ek het dit aangegryp. 2. Hoe het jy die idee vir jou onderneming gekry? Ná my fotografiekursus het ek eers begin foto’s neem vir vriende en familie….
-
Van superhelde tot suksesverhale: Hoe Hero Digital Lab ondernemings help groei
Toe die stigter van Hero Digital Lab, Terisa Pohl, jare gelede na die Suid-Afrikaanse sakewêreld gekyk het, het sy ’n patroon raakgesien. Daar was talle ondernemings met uitstekende produkte, waardevolle dienste en inspirerende stories, maar baie van hulle het gesukkel om hulself professioneel en strategies aanlyn te posisioneer. Vir haar was dit nie bloot ’n…
-
Van droom tot werklikheid: Die verhaal agter SportFit
Vir jare het Herman Liebenberg as ’n sportwetenskaplike gewerk, maar diep binne hom het daar altyd ’n groter droom geleef – die droom om sy eie hoëprestasie-oefenfasiliteit te bou. Hy het reeds vroeg ’n duidelike visie gehad van hoe so ’n fasiliteit moes lyk, hoe dit bestuur moes word en watter standaarde dit moes handhaaf….
-
Hannes en Jeanri van Zyl. Van ’n eenvoudige vraag tot ’n groeiende handelsmerk: Die storie van WAT WIL JY DRINK?
Elke onderneming begin iewers: soms met ’n strategiese plan, soms met jare se ervaring, en soms, soos in hierdie geval, met ’n eenvoudige vraag wat net nie beantwoord word nie. Vir die Van Zyls het alles in Desember 2020 tydens die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie begin. Soos baie ander gesinne was hul wêreld kleiner, hul…
-
Van studentesmous tot suksesvolle vulstasie: die storie van Nico Jordaan
Elke entrepreneur het ’n beginpunt en vir Nico Jordaan het dit lank voor sy eerste amptelike onderneming begin. As student het hy al ’n neus vir geleenthede gehad. Hy het tweedehandse motors gesmous om ’n ekstra inkomste te kry, nie noodwendig met die idee dat dit eendag iets groots sou word nie, maar eerder as…















