Netwerkgeleentheid: Wes-Kaap | Augustus
Datum
2025-08-27
Tyd
08:30
Plek
Chocolate Bistro

Kom vier vroue entrepreneurs op ’n vrolike noot saam met medevroue-entrepreneurs in Vrouemaand!
27 Augustus | 08:30–12:30
Chocolate Bistro, Oxfordstraat 46, Durbanville
Kleredrag: Vrolik en vroulik – as jy ’n deftige hoed het, dra hom met selfvertroue!
Koste: Gratis vir Sakenetwerk
Ons gaan ontbyt saam geniet en na uitnemende sprekers en kenners luister.
Maak gereed om bederf te word!
Plek is ongelukkig beperk, maak dus seker jy spring gou vir jou kaartjie.
Navrae: Sanderien van der Walt by 082 491 5277
Sprekers:
- Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media, Suid-Afrika se voorste onafhanklike nuusplatform met meer as 2 miljoen unieke lesers. Onder haar dinamiese leiding, het die platform op 29 Julie 2011 begin en gegroei tot waar hy vandag is. Kom luister na haar verhaal van hoe om iets van baie klein na baie groot te neem.
- Karien Basson, entrepreneur, NLP-praktisyn, redakteur van Vroue wat Glo by Finesse Voelgoed-tydskrif, spreker en skrywer van verskeie publikasies en nog baie meer gaan ons kom inspireer met haar entrepreneursreis en hoe om al die balle as werkende vrou in die lug te hou.
- Carien Bloem, hoof van onderwysprojekte by AfriForum, gebruik haar kommunikasiekrag om idees visueel uit te beeld. Sy dien op Solidariteit se Afrikaans 100-komitee en het die Afrikaans 100-lettertoer gekoördineer – met 2 miljoen kyke in 48 uur. Sy gaan haar kennis oor hoe om iets visueel uit te beeld met ons kom deel.
DURBANVILLE | PAARL AUGUSTUS 2025
"*" indicates required fields