#MyDorp – Padlangs na Harrismith en Bethlehem

Ons reis deur die Vrystaat het nou eers begin! Hierdie week maak ons ‘n draai in Harrismith en Bethlehem. Is jy gereed? Trek jou stapskoene aan en kom saam!

Slaap hier

De Witte Huis Gastehuis

De Witte Huis Gastehuis bied gerieflik ingerigte kamers in ‘n boomryke woonbuurt in Bethlehem.

De Witte Huis Gastehuis bied ‘n keuse tussen 6 kamers. Elke kamer is keurig ingerig en het lugversorging en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad en ‘n stort. Elke kamer het ‘n privaat ingang. Die kamers beskik ook elkeen oor ‘n TV met die DStv-gastehuispakket, ‘n yskassie, mikrogolf, gratis WiFi, kluis, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.

 width=

The Lavender Room 

The Lavender Room is in ‘n ou Kaaps-Hollandse huis, omring deur ‘n pragtige tuin in Harrismith. Hier kan jy heerlik rus na ‘n lang dag se werk of reis. The Lavender Room is ook ideaal om as basis te gebruik om die ongelooflike mooi Oos-Vrystaat te verken.

 width=

Eet hier

Atmosvuur

Opsoek na ‘n restaurant met ‘n gesellige atmosfeer? Wat van AtmosVuur? Geniet ‘n aandjie uit met vasvra-aande, karaoke aande en lewendige vermaak by Atmosvuur.

 width=

 

Koop hier

Die Towerpot Harrismith

Plante maak die lewe beter en gee karakter aan jou tuin. Bederf jou sintuie en jou tuin met mooi plantjies by Die Towerpot en terwyl jy hier is kan jy sommer ietsie eet ook.

 width=