#MyDorp – Maak ‘n draai in die Vaaldriehoek

Die Vaaldriehoek het baie kreatiewe skatte. Hierdie week het ons daar gaan inloer om te sien wat hulle alles bied. Is jy gereed om saam te gaan?

Slaap hier

La Provence Guesthouse

La Provence Guest House bestaan uit 2 huise, La Provence (Hoof Gastehuis) en La Maison, ‘n huis wat ekstra gaste gaste kan inneem. Die gastehuis is in die industriële dorp, Sasolburg, geleë en bied gerieflike verblyf in ‘n lowerryke, groen tuin. La Provence is een van die eerste huise wat in Sasolburg gebou is en is aanvanklik deur ‘n plaaslike juwelier besit.

 width=

Klip River Country Estate

Klip River Country Estate is ‘n plattelandse gastehuis in die suide van Johannesburg. Die kombinasie van ons plattelandse tuine en luukse geriewe maak Klip River Country Estate Gastehuis ‘n elegante maar bekoorlike huis wat so tuis soos jou eie huis voel.

 width=

Mignon B&B 

Mignon B&B is so reg uit ‘n sprokiesverhaal. Kom maak jouself tuis hier!

 width=

Koop hier

Plain Jane

Plain Jane bied unieke ontwerpe wat jy net in hulle ateljee sal kry. Kom maak hier ‘n draai wanneer jy weer in die Vanderbijlpark area is.

 width=

Ons Winkel

Skenk jou oortollige klere, huisware en so voorts vir Helpende Hand se Ons Winkel. Die gelde wat inkom word aangewend om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

 width=

Pampoenspook

Pampoenspook doen alle ontwerpe vir bruidspartytjies, verjaarsdae, ooievaarstees, ens. Ons doen ook spesiale bestellings, drukwerk en viniel snywerk.

 width=

Eet hier

Vetkoek Chef

Varsgebakte vetkoeke, vars slaaie, heerlike ontbyte en nog baie meer is beskikbaar by Vetkoek Chef in Sasolburg.

 width=