AfriForum Sakenetwerk en MyGuru
Ondersteuning aan kleinsakeondernemings

 

Ondersteuning van kleinsakeondernemings gedurende ‘n uitdagende tyd.

COVID-19 stel enorme vereistes aan kleinsakeondernemings. Om jou te help om by dié uitdagende tye aan te pas, het ons met nuwe aanbiedings en die beste hulpmiddels vorendag gekom om jou onderneming oop te hou sodat jy steeds met jou kliënte kan skakel – selfs al is jou deure toe.

Ons bied hierdie dienste GRATIS* vir die eerste drie maandfaktureringstydperk/e aan alle AfriForum Sakenetwerk-lede.

GRATIS* hulpmiddels wat jy nodig het om jou bereikbaar, oop en aanpasbaar te hou.

AfriForum Sakenetwerk en MyGuru. Ons is aan die kant van kleinsakeondernemings.

In hierdie moeilike tyd doen ons alles moontlik om jou en jou ondernemings te help om aan te pas.

Bly Bereikbaar

Registreer of dra jou domeinnaam oor en wys dit na jou AfriForum Sakenetwerk-sakelys. Dit maak dit maklik vir jou kliënte om jou op te spoor.

Bly Aanpasbaar

Registreer of dra jou domeinnaam oor en bou jou webtuiste met behulp van ’n vooraf gelaaide WordPress-installering en -webwerfbouer, asook WooCommerce-winkel.

Bly Oop

Registreer of dra jou domeinnaam oor en bou jou webtuiste met behulp van ’n vooraf gelaaide WordPress-installering- en -webwerfbouer.

Alle webgasheerpakkette sluit in

2 GB-webruimte
5 GB-bandwydte
8 e-posrekenings
2 MySQL-databasisse
Kitsrekeningopstelling
Gratis Auto SSL

*Hierdie aanbod bied jou ’n gratis webtuistegasheerpakket vir die genoemde tydperk, domeinregistrasie/-hernuwing/-oordrag uitgesluit. Die 100%- herhalende korting verval ná drie faktureringstydperke. Daarna is ’n gasheerfooi van R45 per maand en ’n jaarlikse domeinhernuwingsfooi van R79 van toepassing. Standaardbepalings en ‑voorwaardes geld.