AfriForum Sakenetwerk se gids vir 2022 Moedersdaggeskenke

Dis regtig moeilik om kreatief te raak met ‘n spesiale geskenkie vir die moeder. Die “in”-ding is om iets unieks te laat maak, maar soms raak die tyd so bietjie min!

Ons weet wat jy dink … Wanneer is moedersdag in hierdie jaar – 2022?
Moedersdag is op die 8ste Mei hierdie jaar, so doen nou al jou inkopies en verras jou ma met ‘n goeddeurdagte geskenk met hierdie idees! 

Ons weet almal dat mammas altyd ekstra kilometers vir hulle jongelinge stap! Dit is hulle wat, toe jy jonger was, seker gemaak het dat jy kos het om te eet en skoon (en mooi …) klere het om aan te trek. As volwassenes is ons moeders ons eerste stop vir resepte, raad en vertroosting. 

Of jy nou inkopies doen vir jou eie ma, aangenome ma of die ma van jou kinders, hier is ons 2022-gids vir Moedersdaggeskenke om seker te maak dat MAMMA soos nommer EEN voel – sy verdien dit immers. 

Moedersdag geskenk idees – koop NOU!

VIR DIE MODERNE MAMMA

Namaste b-YOU-tiful

Hou jou mamma van alles wat blink? Kan jy haar altyd deur ‘n ring trek wanneer sy by die huis uitstap?

Loer hier vir ‘n unieke hangertjie met haar kinders se voorletters op of dalk ‘n nuwe paar oorbelle of ‘n armbandjie.

Namaste b-YOU-tiful in Pretoria het ‘n asemrowende reeks bekostigbare juweliersware vir die moderne mamma.

Loer hier:

VIR DIE KLASSIEKE DAME

Eden & Co

Hierdie is perfek vir die klassieke dames! 

Eden and Co bring die klassieke styl terug in ‘n wêreld van sweetpakbroeke, tekkies en deurmekaar bollatjies – sodat jou ma kan voel soos die dame wat sy werklik is.

Of jy nou op soek is na pasgemaakte juwele of pêrels, Eden and Co het ‘n reeks juweliersware, asook pragtige leergoedere waarmee jy jou moeder kan bederf. Gaan loer op hulle sosialemedia-blaaie vir ‘n spesiale kode wat jy kan gebruik om afslag te kry op jou moedersdaggesekenke!

Loer hier:

https://edenleatherco.com/

VIR DIE PRAKTIESE MAMMA

Bloss Designs

Is jy op soek na die perfekte mamma-sak? Jy weet die sakkie wat nie te klein is vir al die goeters nie, maar ook nie te groot om jou van balans af te gooi nie – wel, hier is hy! Bloss Design se Mama Rugsak is die perfekte geskenk vir mammas van jong kinders wat eintlik net nog ’n hand nodig het. 

Hulle het ook ‘n kleiner Mommy Bag wat perfek is om jou noodsaaklikhede in te pak, sonder TE veel bagasie. 

Loer hier:
https://blossdesigns.com/

VIR DIE VROULIKE MAMMA

The Romantic Collective

Dis alreeds soveel moeite om elke aand te dink aan watter aandete die gesin sal wil eet, help haar om moeiteloos ook mooi aan te trek. 

Wat van ‘n nuwe rok of vrolike uitrusting om ma soos ‘n splinternuwe sikspens te laat voel? The Romantic Collective het ‘n pragtige reeks elegante sowel as prettige klere – daar is iets vir elke mams!

Loer hier:

https://theromanticcollective.com/


VIR DIE MAMMA WAT ‘N RUSKANSIE NODIG HET

Hedgegrow

Sommige mammas wil net aan die einde van die dag in ‘n warm bad ontspan en dan ‘n gemaklike (en mooi …) pajamas aantrek. Hoekom bederf jy haar nie met ‘n ‘n lekker stylvolle stel vir die winter nie? 

Loer hier:

https://hedgerow.co.za/

VIR DIE TUISTESKEPPER

Round & Round Frames

Ons weet almal dat mammas amper nooit op foto’s verskyn nie, want dit is altyd hulle wat dit afneem. Wat van die idee om jou ma te bederf met ‘n geraamde foto of ‘n hele gallery om haar gunsteling herinneringe ten toon te stel? 

Loer hier:

https://www.facebook.com/roundframe/

Moedersdag-aktiwiteite

Soek jy iets om saam met ma te DOEN om haar dag regtig spesiaal te maak? Hier is ‘n paar wonderlike Moedersdag-aktiwiteite / -geleenthede wat jy saam met jou gunsteling dame kan meemaak. 

Hier is ‘n paar geleenthede wat in en om Pretoria plaasvind vir Moedersdag: 

Kreatiewe werkswinkels:
Moedersdag Bloem Koekie Versiersel Werkswinkel

Moedersdag Blom Kroon Werkswinkel

Musiekgeleenthede:
Moedersdag | Jazz in the Garden

Vox Kamerkoor Moedersdagfees

Hoe soek ek na moedersdaggeleenthede in my area?

  1. Gaan na die ‘events’-bladsy op Facebook hier: https://www.facebook.com/events
  2. Soek die ‘search events’-balk bo-aan en soek “Mothers day”. 

Jy sal ‘n sommer ‘n klomp gelyste Moedersdaggeleenthede raakloop, sterkte met die keuse!

Moedersdag geskenk idees vir en saam met kleuters

Wil jy die kinders betrokke kry om mamma (of ouma) hierdie moedersdag te bederf? Hier is ‘n paar goeie idees oor hoe om die kleuters te betrek – en dit kos nie te veel nie! 

  • Ontbyt in die bed – laat hulle help om die lemoensap  te skink en botter op die roosterbrood te smeer.
  • Moedersdag kaartjies – kry ‘n paar kryte en blinkertjies en laat die kleingoed vir mamma ‘n kaartjie maak. Onthou om swartsakke oor die tafel te trek en laat hulle toe om hul kreatiwiteit te laat gaan!
  • Skryf vir mamma ‘n gedig – vra die kinders om ‘n gedig vir ma uit te dink en te skryf dit in hul handgemaakte Moedersdag-kaartjies.
  • ‘n Persoonlike snitlys – laat die kinders hul gunsteling liedjies kies en skep vir mamma ‘n persoonlike Moedersdagsnitlys op Spotify of Apple Music.
  • Moedersdagpiekniek – in jou eie tuin of mamma se gunsteling buitelugbestemming. Laat die kinders saam gaan om piekniekkos te koop (gee vir mamma ‘n blaaskans) en help om die piekniekmandjie te pak.

Jou moeder is die persoon wat haar hele lewe om jou laat wentel, moenie dat hierdie dag ongesiens verby sluip nie. Neem sommer ook so paar foto’s van haar en saam met haar, dan het jy reeds ‘n wegspringpunt vir volgende jaar se geskenkies of boodskappies.

Onthou dat die geskenke nie hierdie dag oorheers nie, geniet die saamwees en kyk uit hoe trane en trots in haar oë opdam wanneer julle haar op hierdie dag vier!