Betalingsvakansies soos aangebied deur Suid-Afrikaanse banke

STANDARD BANK:

Besighede:

Standard Bank bied aan al hulle besigheidskliënte met ‘n omset van minder as R20 miljoen per jaar  ‘n terugbetalingsvakansie van drie maande. Dus hoef hulle nie paaiemente te betaal tot einde Junie nie, maar rente en fooie sal steeds oploop in hierdie tyd.

Besighede hoef nie aansoek te doen vir hierdie betalingsvakansie nie – hulle sal dit outomaties ontvang indien hulle betalings nie agterstallig is nie en hulle rekeninge in goeie stand is met die bank. Studente kry ook outomaties ’n drie maande terugbetalingsvakansie en vir studente sal geen rente of fooie oploop in hierdie tyd nie.

Persoonlik:

Standard Bank kliënte wat R7 500 of minder verdien, kwalifiseer vir ’n drie maande terugbetalingsvakansie op alle persoonlike rekeningverwante skuld. Rente en bankfooie is steeds geldig tydens hierdie tyd.

ABSA BANK:

Besighede:

Absa het hul besigheidskliënte en korporatiewe kliënte uitgenooi om in kontak te tree met hulle vir ’n geval-tot-geval reeling vir die terugbetaling van hul skuld.

Persoonlik:

Individuele kliënte sal outomaties in aanmerking kom vir ’n terugbetalingsvakansie. Die enigste kwalifiserende kriteria is dat hul rekeninge op datum moet wees sonder enige uitstaande betalings.

NEDBANK:

Besigheid en Persoonlik:

Nedbank moedig kliënte aan om hulle te kontak. Kliënte met klein sakeondernemings kan met hulle toegewyde bankier gesels indien hulle hul skuld moet herstruktureer of hulle betalingsooreenkoms moet aanpas as gevolg van Covid-19

EERSTE NASIONALE BANK:

Besigheid en Persoonlik:

FNB het Maandag nood skuldverligting aangekondig vir kliënte wat deur Covid-19 geraak word. Dit vereis egter ’n brief van die werkgewer of, vir diegene wat vir hulself werk, ’n stel finansiëlestate wat verlies van inkomste aandui as gevolg van die pandemie.

Diegene met rekeninge wat op datum is by FNB – en dié wat histories goeie krediet met ander verskaffers ook het – sal eerste in lyn wees vir skuldverligting.

HIERDIE ARTIKEL IS BESKIKBAAR GESTEL DEUR ACCOUNTUIT