COVID-19: Plan vir die werkplek

Deur Inge Labuschagne

Die Departement van Indiensneming en Arbeid en die Departement van Gesondheid het ‘n aantal drakoniese regulasies en voorskrifte uitgevaardig waaraan werkgewers, wat toegelaat word om gedurende vlak 4 te werk, moet voldoen om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te verseker en aan die Beroepsgesondheid en Veiligheid wetgewing te voldoen.

Dit is noodsaaklik dat bestuur en werknemers bewus is van die feit dat die nakoming van hierdie regulasies nie opsioneel is nie. In terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid kan u strafregtelik aangekla word vir die nie-nakoming met hierdie regulasies, wat kan lei tot `n boete van R100 000.00, gevangenisskap van nie meer as twee jaar of beide `n boete en gevangenisskap. Die Minister dreig selfs om u besigheid te sluit weens nie-nakoming.

Die doel van die werksplek plan is om die behoorlike en effektiewe toepassing van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid te vergemaklik, ingevolge regulasie 10(8) van die Nasionale Ramp regulasies en die regulasies uitgevaardig ingevolge Artikel 27 (2) van die Wet op Rampbestuur.

Geen onderneming mag besigheidsaktiwiteite in die werkplek open sonder dat ‘n werksplek plan in plek is nie. In die afwesigheid van so ‘n plan kan ‘n onderneming gesluit word en / of kriminele klagte ingestel word soos bo vermeld.

As u nie ‘n Covid-19-werksplekplan volgens die bogenoemde regulasies in plek het nie, dan het ons span die oplossing vir u. Kontak ons gerus hiér vir die nodige hulp.