Kriteria & Voorwaardes en bepalings
Kriteria
Algemene kriteria
- Die entrepreneur se ervaring stem ooreen met die tyd in die bedryf/betrokkenheid by ’n onderneming.
- Die entrepreneur het werkswinkels/webinare bygewoon.
Die volgende word volgens ’n skaal beoordeel:
- Entrepreneur se rol in die besigheid.
- Dit is duidelik watter verskil die entrepreneur se betrokkenheid by die besigheid gemaak het.
- Die entrepreneur het die nodige ervaring en ondervinding om die besigheid te laat werk.
- Dit is duidelik dat die produk/diens ook in Afrikaans aangebied word.
- Die produk/diens maak ʼn daadwerklike bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap.
- Produk/diens mededingendheid.
- Die entrepreneur beskik oor ʼn unieke produk/diens.
- Die entrepreneur beskik oor ʼn duidelike mededingende voordeel.
- Maklike toegang tot die produk/diens
- Die produk/diens is maklik toegangklik vir die teikenmark.
- Die produk/diens kan geredelik gelewer word sonder ʼn lang wagtydperk.
- Produk/diens volhoubaar
- Die produk/diens spreek ʼn werklike behoefte in die mark aan.
- Die entrepreneur het werkbare voorstelle om die besigheid volhoubaar te bestuur.
- Potensiaal vir uitbreiding
- Die entrepreneur het duidelike, werkbare idees vir uitbreiding.
- Die entrepreneur se doelwitte vir uitbreiding is duidelik, realisties en haalbaar.
- Finansiële beplanning:
– Die entrepreneur verstaan die onderneming se kostes, inkomste en finansiële posisie.
– Die entrepreneur se syfers is realisties. - Gebruik van tegnologie
– Tegnologie word effektief gebruik in die bestuur en uitbreiding van die besigheid.
– Sosiale media word effektief gebruik vir die bemarking van die besigheid. - Goeie bemarking
– Die entrepreneur het ʼn duidelike bemarkingsplan gerig op die teikenmark.
– Die entrepreneur se bemarkingsaanslag is geskik vir die produk/diens. - Die produk/diens maak ’n verskil in die plaaslike ekonomie; is plaaslik vervaardig en/of verskaf werk aan plaaslike werknemers/arbeiders.
Bepalings en voorwaardes
– As jy voorheen die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie gewen het, mag jy nie inskryf nie.
– Deelnemers moet die finaal kan bywoon.
– Deelnemers mag nie familie wees van personeel wat by AfriForum-hoofkantoor, Akademia-hoofkantoor of by een van die borge werk nie.
– Die beoordelaars se beslissing is finaal.
– Aansoeke moet ons voor of op 31 Augustus 2021 deur middel van ons aanlyn aansoekvorm bereik. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
– Naasbestaandes kan nie as borgskap vir die entrepreneurskompetisie optree nie.
– Publieke stemme is slegs geldig tussen in die tydperk wat aanlyn stemme oop is vir die publiek.
– Slegs een stem per persoon is geldig, wat beteken dat jy nie meer as een keer vir dieselfde deelnemer kan stem nie.