Sanderien van der Walt

Sanderien van der Walt

Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk, se hart klop warm vir veral entrepreneurs wat ondernemings begin het met geen finansiële steun nie en wat dit dan uitbou tot ’n sterk handelsmerk wat vertroue skep by hulle kliënte. Gewone mense wat soveel dryfkrag het om suksesvol te wees, inspireer haar.

Sy het Kommunikasie studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en het ook die Gevorderde Diploma in Projekbestuur by Akademia voltooi.

Sy vertrou dat die platform wat AfriForum Sakenetwerk vir entrepreneurs skep van groot waarde is vir ondernemings en moedig alle entrepreneurs aan om van die geleenthede wat die platform skep, gebruik te maak. 

Sy hou nog altyd van die woorde van Theodore Roosevelt wat sê: “Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Doen wat jy kan.”

Nikkie Kriel

Nikkie Kriel

Nikkie Kriel is ’n projekassistent by AfriForum Sakenetwerk. Sy studeer tans BCom Ondernemingsbestuur by Akademia. Sedert sy by AfriForum Sakenetwerk begin het, het sy agtergekom hoe om haar graad ook prakties aan te wend en dat mens nie noodwendig as ’n entrepreneur gebore word nie, maar dat jy dit kan ontwikkel – solank jy ’n passie daarvoor het, kan jy ook hard daarvoor werk.

Entrepreneurs is haar inspirasie en sy glo dat elke idee omskep kan word in ’n werklikheid ongeag die risiko wat geneem word.

Haar visie vir AfriForum Sakenetwerk is om entrepreneurs bymekaar te bring en ’n netwerk te skep waar hulp en ondersteuning die fokus is.

Mareli Swanepoel

Mareli Swanepoel

Mareli Swanepoel is bestuurder van die projekte-afdeling by Akademia en het ʼn BCom-graad in Kommunikasiebestuur aan die Noordwes-Universiteit verwerf, asook ’n honneursgraad in Kommunikasiebestuur aan die Universiteit van Pretoria. Mareli het haar Gevorderde Diploma in Projekbestuur by Akademia in 2018 voltooi. 

Sy het ondervinding in kommunikasiekunde, bemarking en projekbestuur by organisasies sonder winsoogmerk. Haar fokus is die implementering en uitbouing van bemarkings- en kommunikasieprojekte binne en buite dié organisasie.