Werkswinkels & opleidingsgeleenthede

AfriForum Sakenetwerk glo dat entrepreneurs en besigheidseienaars verantwoordelikheid en eienaarskap moet neem oor hulle besigheid. Ons moedig jou aan om jouself te bemagtig met die nodige kennis oor jou jouself en jou besigheid.

Identifiseer dus die vaardighede wat jy en jou onderneming gaan nodig hê om jou besigheid volhoubaar te maak en dit uit te bou in ’n besigheid wat sy plek volstaan in die gemeenskapsekonomie, sowel as Suid-Afrikaanse en Internasionale ekonomie.

Hierdie jaar is die moontlikhede om vaardighede op te skerp legio. 

2022 het ons met top instellings hande gevat om die beste kursusse aan te bied, hetsy gratis, vir ’n minimale fooi of vir ’n spesiale prys.

Klik op die spesifieke skakel om dadelik genoemde afslag te ontvang.