Datum
2025-09-08

Tyd
13:00

Plek
Aanlyn (Gratis – bevestiging van jou teenwoordigheid is wel belangrik)

Johan Steyn word beskryf as “Afrika se voorste denkleier in kunsmatige intelligensie”. Hy is ’n gesiene skrywer, spreker en akademikus wat organisasies gereeld help om kunsmatige-intelligensie- (KI-)tegnologieë te verstaan en doeltreffend in werking te stel. Sy kliënte sluit Absa, Nedbank, Microsoft en Samsung in. Hy het voorheen vir PwC en Accenture gewerk en is in 2019 deur Wealth & Finance Magazine in die VK as Beste KI- en robotikabestuurskonsultant aangewys.

Steyn is ’n internasionale KI-ambassadeur vir Swiss Cognitive, voormalige navorsingsgenoot aan die Universiteit van Stellenbosch, en ’n dosent aan die Woxsen Universiteit in Indië. Hy dra gereeld by tot publikasies soos Reuters, Business Day en News24. Sy artikel oor die toekoms van onderwys was die mees geleesde artikel in Business Day in 2023. Hy is ook by die Universiteit van Kaapstad se uitvoerende onderwysprogram betrokke en dien as medewerker aan die African Academy of AI. In 2024 is hy as Samsung-handelsambassadeur aangewys.

Die webinaar word regstreeks op Solidariteit se platform uitgesaai. Registreer jou gratis profiel hier om toegang tot die sessie te kry.

Dankie dat jy ingeskryf het vir die KI webinaar met Johan Steyn.
Vir toegang tot die webinaar, gaan gerus na www.solidariteit.co.za
 – Skep vir jou ‘n profiel en teken in.
 – Op die tuisblad sal jy inligting sien oor die webinaar, kliek daarop, waarna jy op die skakel kan kliek om die webinaar aanlyn te kyk.

Die webinaar vind tussen 13:00 – 14:00 plaas.