Pretoria Sakenetwerk: Hoe bou en bemark ek ’n nuwe handelsmerk
Datum
2025-11-19
Tyd
18:00
Plek
The Winery, Waterkloof Heights, 103 Club ave.

Blank Creative Agency is ’n progressiewe, dinamiese span in die kreatiewe wêreld. Dié span het al verskeie bekende ondernemings gehelp om ’n splinternuwe handelsmerk te bou en ‘n bemarkingstrategie te ontwikkel wat met die missie en mark belyn is waarin die onderneming sake doen. Blank Creative Agency het ontwerpers, foto- en videograwe, bemarkingspesialiste en sosialemediakenners.



