Datum
2025-07-15

Tyd
09:00

Plek
Akademia | Bloemfontein-sentrum

Ontwikkel jou sakevaardighede in ʼn japtrap deur vlymskerpbesigheidsopleiding. 

Werkswinkels en netwerkgeleentheid vir die Bloemfontein-sakegemeenskap. Hierdie geleentheid bied ʼn unieke platform vir individue en ondernemings wat belangstel in die verbetering van hul sakevaardighede, ʼn onderneming wil begin, reeds ʼn onderneming besit, of belangstel in die veld van finansies, bemarking, of innoverende ondernemings.

Maak seker jy woon die geleentheid by, dit is ʼn heerlike geleentheid om kennis op te doen en bande te smee met Akademia-studente, alumni, entrepreneurs en ander werkgewers in jou gemeenskap.

Die werkswinkels word deur Akademia-dosente as vooraanstaande kenners op hul onderskeie gebiede aangebied:

  • Die inskerp van bemarkingsbeginsels deur Salomien Boshoff
  • Die opskerp van innovasie vir jou besigheid deur Johann Smith

Wanneer: Dinsdag 15 Julie 2025

Tyd: 08:00-15:00

Waar: Akademia | Bloemfontein-sentrum

AfriForum Sakenetwerklede kan hierdie geleentheid gratis bywoon. Kontak vir sanderien.vanderwalt@afriforum.co.za of nikkien@akademia.ac.za vir jou koeponkode.

Klik hier om jou plek te bespreek.

Ons sien daarna uit om jou te ontmoet oor ʼn heerlike koppie boeretroos.