Hier is die Besigheidsbytjies wenners!

Baie geluk aan die volgende Besigheidsbytjies-wenners:

Grondslagfase:

Wenner: Die wenner van die grondslagfase (Graad 1–3) is die graad 3-leerder John Charlton Denton van die Laerskool De Tyger van die Wes-Kaap met sy besigheid “Johnny’s gaan groen(te) planters”.
Hy herwin kabeldromme se hout en bou planthouers daarmee om te verkoop. Sy idee is uniek, want hy gebruik herwinbare materiaal. Selfs mense in woonstelle kan hul eie groentetuin op die balkon kweek. Die groente kan ook herwin word: van die tafel na die tuin en weer terug na die tafel. Sy slagspreuk lui: “Maak jou eie groentetuin en laat jou vullis blom.”

Naaswenner: Die naaswenner van die grondslagfase is die graad 2-leerder Sonjika Nel van Laerskool Vastrap in Rustenburg met haar besigheid, Sonnie se Kolwyntjies. Kolwyntjies is heerlik en is altyd ’n wenner vir verjaarsdae, teepartytjies en enige ander geleentheid. Haar slagspreuk lui: “Die lewe is kort … eet ’n kolwyntjie.”

Intersenfasewenners:

Wenners: Die wenners van die intersenfase (graad 4–7) is die twee graad 6-leerders Benno Pretorius en Roché Oberholzer van Laerskool Wierdapark in Centurion met hul besigheid Blinkoog Hokkie-Akademie.
Hulle het ’n hokkiebordspeletjie ontwerp sodat beginnerhokkiespelers die reëls van veldhokkie speel-speel kan leer. Soos hul oulike slagspreuk lui: “Die speletjie vir môre se hokkiesterre!”.

Naaswenners: Die naaswenners van die intersenfase is die twee graad 6-leerders Jannie en Christi-Me du Plessis, wat tans tuis in die Vrystaat onderrig word.
Hul besigheid is Aangenaam Plaaseiers. Dié boetie en sussie boer al sedert April 2018 met lêhenne wat hulle self gekoop het. Hulle het met 60 lêhenne begin, wat sedertdien na 170 uitgebrei het. Dis die enigste boerdery in die omgewing wat skrophoender- (free range) eiers verkoop. Hul slagspreuk lui: “Uitstaande plaaskwaliteit”.