In samehang met Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon AfriForum Sakenetwerk innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings. Dié toekenningsgeleentheid is op 23 Februarie 2022 in die AfriForum Teater gehou en ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan, word beloon.
Die Tinteltong Toekennings het vanjaar ook internasionaal gegaan en ondernemings in die buiteland beloon wat dienste in Afrikaans lewer. AfriForum Sakenetwerk het hierdie nuwe kategorie in samewerking met AfriForum Wêreldwyd aangebied.
AfriForum Sakenetwerk het in 2016 met dié toekennings begin deur ’n pakkie te pos aan vier sulke ondernemings wat hulle beïndruk het. In 2017 is daar met ’n amptelike feesviering begin, en vanjaar was die eerste toekenningsgeleentheid sedert COVID-19.
“Afrikaans is my gunstelingtaal en daarom is dit so ’n voorreg om te kan sê dat AfriForum die afgelope sewe jaar reeds meer as 90 ondernemings bekroon het met dié unieke toekenning. Elke jaar is daar ondernemings wat ons stomslaan met kreatiewe name, slagspreuke en uitnemende diens en vanjaar is geen uitsondering nie,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk.
Die kategoriebenoemings in die afdeling vir die kreatiefste Afrikaanse handelsnaam:
- Krummel en Vlokkie
- Kuif en Baard
- Poppie
- Varsgepars
- Vrystaat vleisie
Die wenner is Kuif en Baard
Die kategoriebenoemings in die afdeling Trippeltoontjies – produk of diens wat op kinders of babas gemik is:
- Kahkees
- Hommelbytjies
- Kalfie
- Blom baba
- Storierak
Die wenner is Hommelbytjies
Die kategoriebenoemings in die afdeling Eet in Afrikaans:
- Matiesous
- Prinspoort boerdery
- Knus Karoo kombuis
- Die krat padstal
- Koekies en Klitsers
Die wenner is Koekies en Klitsers
Die kategoriebenoemings in die afdeling Handelsmerke wat Afrikaans praat:
- RUAH
- Jou Plaas Deli
- Kreet
- Omdraai
Die wenner is Jou Plaas Deli
Die kategoriebenoemings in die afdeling Eg Afrikaanse produkte:
- Piekant picnic
- Vlagparade
- Annabeton
- Doedoedoepa
- Vannie Kaap
Die wenner is Vannie Kaap
Die kategoriebenoemings in die afdeling Stories, uitgewers en bloggers:
- LAPA – uitgewers
- Protea boeke
- SA Storieskrywers
Die wenner is LAPA Uitgewers
Die kategoriebenoemings in die afdeling Handgemaakte produkte en dienste wat Afrikaans praat:
- GE:Skenk
- Hart en siel
- Deur die blare
- Familie gedoente
- Stukkie kuns
Die wenner is Deur die blare
Die kategoriebenoemings in die afdeling Brou- en stookboetiek – drink alkohol en koffie in Afrikaans:
- Gegrond
- Gryp koffie
- Koffie kapitaal
- Kollegin
- Ginugtig
- Bloedlemoen
- Fynbos
Die wenner is Koffie Kapitaal
Die kategoriebenoemings in die afdeling Eksie perfeksie – naaldwerk- en leerprodukte wat Afrikaans praat:
- Liewe lente
- Van Heerden Leer
- Kleine Sonneblom
- Plaasmeisie
- Stofpad vellies
- Minimaal
Die wenner in die kategorie Eksie perfeksie – leerprodukte wat Afrikaans praat is Plaasmeisie.
Die wenner in die kategorie Eksie perfeksie – naaldwerk wat Afrikaans praat is Liewe lente.
Die kategoriebenoemings in die afdeling Wêreldwyd – Afrikaanse ondernemings in die buiteland:
- Herklink
- Nederkaans
- Oolfant
- Boekwurm
- Michelle se Kombuis
- Inlyn illustrasies
Die wenner in die kategorie Trooskos in die buiteland is Michelle se kombuis – Namibië.
Die wenner in die kategorie Afrikaans in die buiteland is Boekwurm.