#MyDorp – ‘n Kuiertjie in Clarens

Ons trek weer ons toergidsbaadjie aan om jou te wys wat is daar alles om te doen in Clarens.

Clarens is ‘n smeltkroes van kreatiewe siele wat elkeen hul eie unieke stempel op dié dorp afgedruk het. Ons sal ‘n hele boek nodig hê om julle van al die mooi plekke en oulike ondernemings te vertel maar ons hou by ‘n kort opsomming van plekke wat jy moet besoek met jou volgende besoek aan hierdie juweel van ‘n dorp.

Slaap hier

Granaat

Granaat is ‘n pragtige huis net ‘n entjie se stap van die pragtige dorpie Clarens se middedorp af. Die luukse verblyf is ideaal vir paartjies en bestaan uit 2 losstaande eenhede met lugversorging, DStv en WiFi. Elke eenheid is vir basiese selfsorg toegerus en het braaigeriewe.

 width=  width=

 

Zwartmodder

Zwartmodder gastehuis is in die rustige dorpie Clarens, die juweel van die Vrystaat, geleë. Die eenheid bied stylvolle verblyf in een van twee individueel gemeubileerde eenhede. Zwartmodder is slegs 600 meter vanaf die middedorp, en is ideaal naby kunsgalerye, geskenkwinkels, die brouery en heerlike restaurante geleё.

 width=

Koop hier

Blou Donki Kunsgallery

Kom neem deel aan die ondersteuning van wonderlike kontemporêre kuns van bekende en opkomende kunstenaars van Suid-Afrika by die Blou Donki in Clarens.

 width=

Eet hier

Clarens Brouery

Clarens Brouery bied gratis proeërs en brouery-toere aan en het ‘n heerlike middagete-spyskaart wat op Duitse styl worsies, plaaslike organiese kaas, plaaslike brode en lekkernye fokus. 

 width=

 

Clarens Kooperasie Restaurant

Clarens Kooperasie is ‘n eg Boerekos Restaurant, met ‘n Spyskaart vir elke smaak, insluitend afval, bobotie, pap en wors -Heerlike Ouma kos!
 width=