#MyDorp – Op tuis bodem in Pretoria

Hierdie week het ons vinnig ‘n draai gemaak in ons eie stad om te sien wat Pretoria nog alles het om te bied.

Pretoria is behoorlik ‘n smeltkroes van kreatiwiteit en ons het net te min plek om alles hier vir julle uiteen te sit.

Slaap hier

Aandbloem Gastehuis

Aandbloem is ‘n gastehuis in Centurion naby verskeie hoofroetes en sakesentrums in Centurion. Pretoria se middestad is 12,5 km ver en Midrand net 20 km ver. OR Tambo-, Grand Central- en Lanseria Lughawe is ongeveer 40 km.

Gehalteverblyf is beskikbaar in 10 luukse enkel-, dubbel of gesinslaapkamers wat elk ‘n en suite-badkamer het. Daar is ‘n konferensielokaal langs die swembad. Daar is ‘n pooltafel en veerpyltjiebord in die ontspanningsarea. Tariewe sluit ‘n volledige ontbyt wat in die eetkamer bedien word in. Middag- en aandete kan vooraf gereël word. WiFi is ook beskikbaar.

 width=

Eet hier

Respek

Respek is ‘n ontbyt restaurant in Waverley. Hulle bied nie net kos vir jou liggam nie maar ook vir jou siel met pragtige uitstallings deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat ook daar te sien is.

 width=

Koop hier

De Afrikander Handelshuis

Van die grootwild-jagter wat met sy trofees op sy bors pronk, tot huis -en dekor produkte wat tot jou skoonma se goedkeuring sal wegdra! Ons het alles wat jou hart begeer…

 width=