#MyDorp – Van Jeffreysbaai tot Kaap St. Francis

AfriVriendelik se #MyDorp virtuele toer maak gedurende Augustus ’n draai in die Oos-Kaap. Ons het klaar vir jou gewys waar jy moet eet, koop en slaap in Uitenhage en Humansdorp en hierdie week vertel ons jou ’n bietjie meer oor ’n paar oulike ondernemings in Jeffreysbaai en Kaap St. Francis waar jy kan eet, koop en slaap.

Kom kuier saam!

Eet hier:

 

Die Walskipper:

Kom maak jouself tuis by ’n tafel op die strand. Trek jou skoene uit en wikkel jou tone in die seesand. Die Walskipper in Jeffreysbaai gaan vining jou gunsteling restaurant word. Geniet ’n glasie wyn en lekker knoffel mossels of kammossels en kalamarieringe. As jy daarvan hou om vir die see te sit en kyk terwyl jy eet dan is hierdie restaurant perfek vir jou.

 

 width=

 

Koop hier:

Bloesie:

Stephenie Nel, die breinkrag agter Bloesie, hou van Afrikaans, rooi lippe en die see. Bloesie spog met ’n Afrikaanse naam en oulike hempies met Afrikaanse woorde op. Alles word in die Oos-Kaap sommer daar naby die see gemaak.

 width=

Haas Jou:

As unieke dekor items jou sommer laat hiperventileer van opwinding dan het Haas Jou beslis iets vir jou. So, waarvoor wag jy? Sit ’n huppel in jou stap en haas jou na hulle winkel!

 width=

 

Slaap hier:

Die Windmeul:

Die Windmeul is ’n gastehuis geleë in Oesterbaai, net so twintig minute se ry van St. Francis af. Hier kan jy en jou gesin julself tuismaak en ’n heerlike rustige vakansie geniet naby die see.

 width=