Terug na soekresultate

Faba Roastery

Ons is \\\’n koffie \\\’roastery\\\’

Hier by Faba Roastery is ons twee jong entrepreneurs met \\\’n liefde vir koffie, wat voel dat ons hierdie liefde met die wêreld moet deel!

Ons sien \\\’n koppie koffie nie net as \\\’n koppie koffie nie, maar as \\\’n varsgemaakte koffieboontjie wat deur die verskillende prosesse gaan om uiteindelik uit die rooster te kom as die perfekte boontjie wat help om \\\’n goeie brou te skep. Dit sorg dus elke keer vir \\\’n bevredigende koppie Faba!

Ons koffie is afkomstig van onderandere; Malawi, Brasilië en Rwanda.

Ons doen ook troues, funksies en korporatiewe gebeurtenisse.

 

 

Deel die Besigheid

Resensies

Koffie kennis en produkte is die beste

Rated 5 out of 5
November 25, 2020

As mens vir Faba Roastery besoek, kry mens meer as net heerlike koffie. Die staff en eienaar van die besigheid is altyd gretig om te help. Hulle deel graag hulle koffie kennis om mense se belangstelling in die koffie kultuur te kry.
Faba rooster hul eie koffie, so mens kan altyd n vars, sterk, en lekker koffie verwag.

Daniël Stroebel

My persoonlike gunsteling

Rated 5 out of 5
November 25, 2020

By Faba is almal altyd vriendelik, regdeur van die eienaars tot by die baristas wat al my persoonlike bestelling uit hulle kop ken, en presies weet wat ek soek as ek instap.
Sal hulle aanbeveel vir enige iemand wat wil luister.

Pieter Erasmus

Beste koffie ervaring by vere!

Rated 5 out of 5
November 23, 2020

Ek geniet dit om daar aan te klop vir koffie of ‘n ietsie. Personeel is baie behulpsaam en help graag om mens bekend te stel aan nuwe smaak avonture.
Ek geniet dit regtig om daar te koop al take away ek my aankope.

Celesté Byrne

Heerlikste Turkish Delight LATTE!!

Rated 5 out of 5
November 23, 2020

Kuier baie lekker by FabaRoastery, baie vriendelike personeel. Gaan kuier by hulle en kyk wat waarvan jy hou. Hulle bied ook hulle dienste aan by Verjaarsdae Funksies, Troues, Skool Sport Funksies, ens.

Sonja

Bloem se heerlikste Koffie!!!

Rated 5 out of 5
November 20, 2020

Personeel baie vriendelik, heerlikste koffie in Bloemfontein. Lekker kuier saam met vriende! Gaan maak ‘n draai by hulle in Gardenia Square.

Sonja

Skryf 'n resensie