Terug na soekresultate

Piekant (PTY)Ltd.

Piekant Picnic vervaardig besonderse en unieke piekniek en buitelug produkte. Alles word handgemaak in ons eie fabriek waar ons dames aanstel van die gemeenskap en sodoende hulle bemagtig om kos op die tafel te sit vir hulle gesinne. Ons werk so lekker saam, partykeer lag ons meer as wat ons kan werk… 🙂

Piekant is 6 jaar terug gebore uit \’n droom wat ek gehad het om my eie ondernemeing te begin en dit op te bou tot \’n besigheid.

Ek is \’n ma van 3 en het nog altyd \’n baie kreatiewe kant gehad. Ek het baie gebid dat ek iets sal kry waarvan ek hou en wat ek kan opbou tot \’n groot besigheid. Ses jaar terug droom ek een nag van \’n piekniek kombers, toe ek wakker word het ek dadelik geweet dis wat ek moet doen. Die volgende oggend is ek dadelik materiaal winkel toe en so het ek begin met my eerste piekniek kombers op \’n geleende naaldwerk masjien van my ma.  Ek het begin deur aan my vriende en familie my produkte te verkoop en gou het dit gegroei na \’n konstante vloei van bestellings. Ek het baie op facebook geadverteer en toe ook in 2015 was ek een van die heel eerstes wat \’n Tinteltong Toekenning gewen het.  In 2017 begin ek by SARCDA Trade Exhibitions uitstal en gou het ek ook die korporatiewe mark bertree deur piekniek komberse vir korporatiewe maatskappye te verskaf met hul logo op geborduur.

 

In 2018 groei my besigheid so dat ek nie meer als alleen kan hanteer nie en ek maak toe ons 3de garage reg as \’n fabriek. Vandag het ek 4 permanente stiksters wat my produkte vervaardig en ons produklys het ook uitgebrei na wynsakke, kos sakkies, piekniek koelersakke en kamp tafeldoeke.  Ons voer ook tans uit na Amerika en New Zeeland en hoop om binnekort Verenigde Koningkryke ook by ons verkaffer lys te voeg. Ek is elke dag dankbaar vir wat God in my besigheid doen en dat Hy altyd voorsien en elke tree saam met my gee.  Ek streef daarna om Piekant \’n gerekende handelsnaam te maak en werk baie hard om my droom te verwesenlik. Watch this space!!

Volg ons op facebook: www.facebook.com/piekantpicnic

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie