Terug na soekresultate

IMANI SA Pty Ltd

Assessering van heelbrein denkvoorkeur profiele

IMANI SA is ‘n maatskappy wat besighede, opleidingsinstansies, sport akademies, families, skoliere en individue bystaan deur individue se werklike geniale potensiaal, in verskeie lewens fasette te laat bereik.

Ons dienste is gebaseer op die wêreld bekende Dr. Kobus Neethling se brein instrumente (NBI), hierdie instrumente is ontwikkel oor ‘n tydperk van 30 jaar se navorsing en word tans suksesvol gebruik in meer as 38 lande.

Die NBI gee ‘n aanduiding van hoe ‘n individu:

– Kommunikeer

– Optree teenoor ander mense of in spesifieke situasies

– Besigheid doen

– Leer

– Oplei

– ‘n Spesifieke beroep sal bestuur

– Probleme oplos

– Besluite neem

NBI is ‘n som totaal van 33 instrumente wat ‘n individu se denkvoorkeure bepaal en kan reeds toegepas word vanaf ouderdom 4 jaar en hoër en dek areas soos leerstyl, opleiding, ouerskap, besigheid en sport.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie