Terug na soekresultate

KORRELKOU

Die enigste, egte afrikaanse granadilla knertsie!

Op 6 April 1652 het ‘n vierde skip, die Karolis, in Tafelbaai aangeland. Aan die stuur, ‘n ene Kaptein Kornelius Kettius. Kornelius was geskok toe hy sien watse korrels Jan van Riebeeck kou. Hy het toe dadelik besluit om régte Korrels te begin stook. Hy moes immers vir Jan wys wat hy bedoel het met KORRELKOU.

Kort voor lank was KORRELKOU permanent aangehou in die halfweg stasie, om te verseker dat alle reisigers aan die Kaap de Goede Hoop net die hoogste gehalte KORRELS KOU! Kornelius het in latere jare 12 bottels KORRELKOU geruil vir ‘n plasie wat deur die KhoiSan bewoon was. Die KhoiSan het vir Konelius gedoop, Kaptein Korrel en aan hom ‘n kettie gegee in danksegging vir die effek wat KORRELKOU op hulle gehad het.

Lank lewe Kaptein Kornelius Korrel.

Lank lewe KORRELKOU!

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie