Terug na soekresultate

Clifton Corner Guesthouse

Verblyf is beskikbaar in 10 luukse, ruim dubbelkamers.

Clifton Corner Guesthouse is in die stil woonbuurt Lyttelton geleë en bied luukse, gerieflike verblyf met 24 uur-sekuriteit en veilige parkeerplek. Die gastehuis is stapafstand vanaf die bekende Unitas Hospitaal, sowat 2 km vanaf Centurion se Gautrein-stasie en sakesentrum, naby Unisa en hoofpaaie, en sowat 40 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Lanseria Lughawe.

Verblyf is beskikbaar in 10 luukse, ruim dubbelkamers. Elke kamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n bad en/of stort, DStv, ‘n haardroër, koffie- en teemaakgeriewe en werkruimte vir sakereisigers.

Die kamers het pragtige dekor en bied toegang tot ‘n ontwerperstuin. Die sierfontein, groot bome en voëllewe sit stadsjapies en moeë reisigers sommer gou in ‘n ontspanne luim. ‘n Kontinentale ontbyt word elke oggend bedien en ‘n pendeldiens is op versoek beskikbaar.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie