Terug na soekresultate

Karoo Pekans

Pekanneut verwerkingsaanleg

Francois en Annatjie Joubert, eertydse boorlinge van Pretoria, het in 1998 met die aanplant van pekanneute in die Bo-Karoo begin. Op ‘n tweeweeklikse basis het hulle vir die volgende tien jaar die plaas besoek, die boord gevestig en in 2007 uiteindelik permanent verhuis na hulle belange in die Noord-Kaap.
Francois het sy ingenieursbesigheid in Pretoria afgeskaal en bykomende projekte in die omgewing aangepak terwyl hulle met hart en siel hulle bedryf opgebou het. Hulle het later nog ‘n pekanneutboord aangekoop, bekend as De Oude Boord en toe was daar geen keer aan die uitbreidingsmoontlikhede van hulle bedryf nie.
Hulle geloof en harde werk het hulle oor elke struikelblok gedra – ook deur blymoedig en geduldig te bly, totdat hulle produksie groot genoeg was sodat hulle die sprong kon waag van stad na plaas. Vandag kyk hulle nie terug nie want die kwaliteit van hulle lewe verruil hulle vir niks op aarde nie.
Die pragtige sonsondergange van die Noord-Kaap en ryk dierelewe in hulle boorde is ‘n bykomende beloning. As mens vandag in die boorde stap en bokkies en tarentale rustig onder die koel skaduweebome gewaar, is dit moeilik om jou die droë Karoovlakte van twintig jaar gelede voor te stel!

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie