Dankospark ontwikkel sagteware vir web- en/of mobiele platforms. Ons is gebaseer in Potchefstroom maar meeste van ons kliënte is in die groot stede van Pretoria tot in die Kaap.
Ons help maatskappye regoor die land met die ontwikkeling van aangepaste sagteware-oplossings. Dankospark spesialiseer in web-gebaseerde inligtingstelsels, inheemse mobiele toepassings en integrasie tussen derdeparty-platforms. Ons het slegs hoogs gekwalifiseerde personeel in diens om ons kliënte se uitdagings te help oorkom en waarde te bied.