Terug na soekresultate

Nocturna SA

Bekostigbare Infrarooi nagsig

Nocturna se infrarooi-nagsigstelsels
sluit die Sentinel-reeks draagbare
nagsigkameras in. Dit kan gebruik
word vir nagtelike waarneming of,
in die geval van die Ultra-model, om
’n video van sowat agt uur te neem
en op sy interne geheue te bêre. Die
50 m- en 100 m-waarnemingsmodelle
neem nie video nie.
Nocturna Suid-Afrika verkoop ook
die Spotter Xtreme 500 m-model, wat
reeds suksesvol gebruik is teen veediefstal
en kabeldiefstal by spilpunte op plase.
Die kameras kan tydens soek- en reddingspogings
gebruik word en om veiligheid
te verseker, opsporing te doen en mense en eiendom te beskerm
deurdat dit moontlike bedreigings
betyds kan waarneem.
Die mees basiese model kan
tot ’n afstand van 50 meter werk,
en die meer gevorderde modelle tot ’n
afstand van 100 meter. Nocturna
se Sentinel Pro- en
Ultra-kameras kan situasies
wat andersins deur
donkerte verbloem sou
wees, waarneem en opneem.
Die video-opnames
kan as toelaatbare getuienis
gebruik word.
Prys: Op aanvraag.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie