Terug na soekresultate

Franklin View Gastehuis

9E Inneslaan,Waverley

Franklin View Gastehuis is ‘n toonaangewende gastehuis wat teen die noordelike hange van Naval Hill (die hoogste huis teen die noordelike heuwel) geleë is met ‘n pragtige uitsig oor die Waverley-woongebied met sy maroen, oranje en groen bedags en ‘n oseaan van skitterende liggies snags.

Die landelike atmosfeer wat deur die geelhout en leerafwerking in die ruim leefarea geskep word, skep warmte en gerief.

Nuttig ‘n heerlike ontbyt op ‘n mistige oggend, terwyl jy na voëlsang luister.

Daar is maklike toegang tot die N1 en die huis is slegs 5 km vanaf die middestad en sowat 10 minute se ry van die lughawe af.

Franklin View spog met die beste uitsig aan die noordelike hange van Naval Hill. Die dekor is landelik met die klem op geelhout en leer. Daar is luukse en suite-slaapkamers met DStv. Daar is ook ‘n swembadjie en braaigeriewe. Die gasvrou en gasheer is Marietjie en Gustav Swanepoel.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie