Oranje-sig Selfsorgeenhede is 4 eenhede wat geleë is langs die Oranjerivier in Orania. Die eenhede is luuks, modern en gesinsvriendelik. Dit is dus uitgelê om ‘n unieke, lekker wegbreek vir gesinne te verseker.
Al die eenhede is toegerus met die volgende:
* 1 slaapkamer met dubbelbed en ‘n en-suite badkamer (stort)
* 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en ‘n afsonderlike badkamer (bad)
* Kombuis – ten volle toegerus
*Ruim leefarea
* Eie braaigeriewe
* Onderdak parkeerarea
* DSTV (Gastehuis pakket)
* Lugversorging
Orania bied ‘n wye verskeidenheid vermaak – Bederf jouself met ‘n Spa behandeling, eet heerlike disse by verskeie restaurante of geniet al die vermaaklikheid wat die Oranjerivier bied.