Abrahamskraal verower klassieke Kaaps-Hollandse prag in die hartjie van die Karoo.
Die plaas bied luukse akkommodasie vir tot 20 gaste in drie private, selfsorg-eenhede. Al die eenhede is outentiek gemeubileer en gaste kan ware Karoo-gasvryheid ervaar terwyl hulle ontspan op ‘n wye, koel stoep met uitsigte op die Karoo-landskappe.
Vir kampeerders, 6 skadu-kampeerplekke met kragpunte.