Terug na soekresultate

Agterosse Clothing co.

Ons almal is Agterosse wat in die kraal kan kom, ons almal is gebore met die brandende behoefte om êrens heen te gaan waar niemand al ooit gegaan het nie, en te bereik wat niemand al ooit bereik het nie. Almal van ons het drome, ambisies, talente en passies wat ons met die wêreld wil […]

Ons almal is Agterosse wat in die kraal kan kom, ons almal is gebore met die brandende behoefte om êrens heen te gaan waar niemand al ooit gegaan het nie, en te bereik wat niemand al ooit bereik het nie. Almal van ons het drome, ambisies, talente en passies wat ons met die wêreld wil deel en dit nie net gebruik om ‘n lewe vir onsself te skep nie maar om die wereld waarin ons leef te help ontwikkel en ‘n beter more vir almal anders te skep. Almal van ons, jonk en oud wil eendag op ons stoep kan sit en terugdink na die lewe wat ons geleef het en met eerlikheid vir onsself kan se “Ek het dit gemaak, ek het gedoen wat ek wou doen en dit was absoluut die moeite werd”.
Ons is almal gebore as Agterosse wat in die kraal kan kom, maar ongelukkig kies die meerderheid van die sameleweing die gerieflike geteerde pad in plaas van die uitdagende stowwerige pad kraal toe. Die spreekwoord “Moeilike paaie lei gewoonlik na die mooiste bestemmings toe” was egter nog nooit so van pas soos om die pad kraal toe te beskryf nie.
‘n Agteros het ‘n duidelike visie van waar sy kraal is, en ‘n goed uitgewerkte strategiese plan om daar uit te kom. Agterosse se visie het egter nog nooit in die samelewing se boksie van middelmatigheid ingepas nie, daarom weier Agterosse, nie net om ‘n normale middelmatige lewe te leef nie maar, hulle rebeleer daarteen en enige iets anders wat hom in die “normaal” katogorie sal plaas.
Agterosse is nederig genoeg om te weet dat hulle nie beter as enige iemand anders is nie, maar wys genoeg om te weet dat hulle beslis nie dieselfde as almal anders is nie. Hulle is nie net die personifikasie van deursettingvermoë en die menslike manifistasie van harde werk nie, maar hulle is bo alles anders ‘n stralende simbool van hoop vir die potensiële Agterosse om hulle.
Agterosse is die wat die onmoontlike in die gesig staar en dit blatant uitlag, want dit is presies wat die onmoontlike vir hulle is. Niks meer as ‘n grap nie! Agterosse is wel bewus van die feit dat hulle engie iets kan bereik as hulle bereid is om harder te werk as ooit tevore, deur te druk as dit moeilik raak en aan te gaan al sê elke stukkie logika in hulle brein hulle moet opgee, soos die legendariese spreekwoord sê, die Agteros kom ook in die kraal.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie