Terug na soekresultate

Altarnatief en Deur die Blare Bloemiste

Altarnatief is my maatskappy wat bestaan uit \’n bloemiste gedeelte, Deur die Blare. Daarna het die volgende gegroei, die Altasaam reeks, PENPêL, GraBag en my PPP -Pretty Penguin Project wat dan my liefdadigheids projek is.

Altarnatief het ontstaan deur te speel met my naam Alta en Alternatief en so is Altarnatief gebore. Altarnatief hou alles mooi Altasaam bymekaar.

Deur die Blare bloemiste is al \’n paar jaar aan die gang waar ek meestal fokus op die aflewering van blomme en geskenk bokse vir enige geleentheid, verjaarsdae, Moeders- en Vadersdag, simpatie ruikers. Dit is vir ons AL-TA Lekker om namens ons kliente hul geliefdes te bederf.

So het produkte ontstaan wat dan as geskenke kan dien vir ons geskenk pakke en boksies. Dit was die ontstaan van die Altasaam reeks wat oa insluit AL-TA Pittig Spesery, AL-TA Soet fudge, AL-TA Strelend lyf en gesigroom, AL-TA Reinigend luukse seep, AL-TA Vars Linnesproei en AL-TA Soet sjokolade klusters.

PENPêL is ook \’n handige, praktiese sakkie wat jou pen veilig bewaar en pas by hou dagboek of enige A5 of A4 boek.

Pretty Penguin Project is my liefdadigheids projek en die produkte wat ons maak dien dan ook as geskenke en gee vir ons kliente \’n grootter keuse. Die geld gaan dan na ons lokale Saprec waar pikkewyne versorg en gerehabiliteer word.

GraBag het ontstaan uit die engelse woorde \”grab\” en \”bag\” en die inspirasie daar agter is om vir iemand in \’n nood situasie die basiese benodigdhede te verskaf. Veral as jy oppad is hospitaal toe en jy moet skarrel om alles bymekaar te kry.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie