Terug na soekresultate

Henk Botha & Assosiate BK

Onderhandelingsopleiding

1. Onderhandel met Mag
Sluit MEER Winsgewende Transaksies deur vanuit jou magsposisie te onderhandel.

Leer onderhandelingstaktieke en pak enige bedingingsgeleentheid met selfversekerdheid aan.

Dis ‘n praktyk-gerigte seminaar wat oor twee dae strek. Leer meer as 200 kragtige onderhandelingstaktieke van die wêreld se mees uitstaande besigheidslui.

• Moet NOOIT WEER ‘n transaksie  verloor nie. Skep jou eie kragtige onderhandelingstrategie om jou te laat uitstyg bo jou mededingers.

Leer onderhandelingstegnieke in keurige AFRIKAANS — dit is die enigste opleidingskursus van sy soort in Afrikaans! Die Engelse weergawe van hierdie kursus het groot welslae in Suid-Afrika en Internasionaal, veral in Amerika, behaal.

• Geen raaiwerk, geen tydmors en geen DRAMA nie.

• Dit werk vir enige onderhandeling soos vir koop en verkoop, projekbestuur, menslike hulpbronbestuur, finansiële transaksies, skikkingsooreenkomste, samesmeltings en herorganisasies.

Neem deel aan praktiese oefeninge waar jy die nuwe taktieke kan toepas. Jy sal ontdek hoe om jou voorstelle op te stel, hoe om toegewings te maak sonder om te verloor en  hoe om ‘n wenstrategie te ontwikkel.

Jy sal die E.M.P.O.W.E.R. (R) metode ontdek om jou eie onderhandelingstrategie te ontwikkel. Elkeen van die letters van die handelsmerk staan vir ‘n bepaalde aksie wat jy moet uitvoer om lagie-vir-lagie ‘n pasgemaakte wenresep te ontwikkel.

Die teikengroep is sakelui, besigheidseienaars, bestuurders, kopers en verkopers.

2. Onderhandelings met Vakbonde

Die mees vaardige onderhandelaar wen altyd die beste deel van ‘n transaksie. Die minder vaardige persoon verkry net ‘n fraksie van wat hy of sy met die nodige instrumente vir onderhandeling kon gekry het.

In hierdie onsekere, dikwels gewelddadige tye, is onderhandelingsvaardighede van kritieke belang. Jy onderhandel gedurigdeur — indien nie met kollegas, klante en verskaffers nie, dan met werknemers en vakbonde.

Jy staar die uitdaging in die gesig om wedersyds voordelige ooreenkomste met unies te beding. Die SLEUTEL tot wen-ooreenkomste is om almal te laat wen!

Adv. Henk Botha bied hierdie unieke en stap-vir-stap praktiese seminaar in arbeidsonderhandelings aan.

Die idees en tegnieke wat jy sal leer is uniek. Niemand het dit voorheen op hierdie manier verduidelik of gepubliseer nie. Leer om jou opponent se taktieke af te weer — selfs heeltemal te neutraliseer. Trotseer die unie met vertroue, wetende dat jy die instrumente het om ‘n wen-wen ooreenkoms te beding — beslis, koersvas en met VRYMOEDIGHEID!

Die teikengroep is besigheidseienaars en bestuurders wat met vakbondonderhandelings gemoeid is. Dis nie net menslikehulpbronpersoneel nie, maar ook finansiële bestuurders en lynbestuurders wat op een of ander manier by die onderhandelings betrokke mag wees.

Skakel Advokaat Henk Botha by 041 7761189 vir ‘n gratis voorlegging aan jou organisasie.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie