Terug na soekresultate

Brew Etc

Mobiele spesialiteits koffie maatskappy

Ons is nie net nog ‘n koffie maatskappy nie! Brew Etc is n mobiele spesialitiets koffie besigheid wat handgemaakte spesialitiets koffie uit ons koffie trok verkoop. Ons doel is om mense se lewens te verbeter met elke koffie wat ons verkoop.

Brew Etc glo dat almal ‘n storie het en wil ‘n rol speel om ander te help om ‘n toestand van geluk te bereik. Ons ondersteun verskeie liefdadigheidsorganisasies en organisasies wat daarop gemik is om die lewe op te hef en te verbeter vir diegene rondom hulle.

Ons skenk elke maand ‘n deel van ons verkope aan liefdadigheid. Elke maand verskyn ‘n nuwe lys van liefdadigheidsorganisasies op ons sosiale media-bladsye om bewustheid vir hierdie groot organisasies te help skep. Brew Etc glo in ‘n volhoubare lewe en verseker daarom dat ons ekovriendelike produkte gebruik en probeer om ons koolstofvoetspoor so veel as moontlik te verminder.

Ons verkoop koppies koffie by funksies, feeste, markte en dag tot dag by kantoor blokke, langs die see, ens. Ons verkoop ook pakkies koffie en Nespresso pods.

Ons missie is om goeie koffie by mense uit te bring!

Ons is gebaseer in Blouberg in die Wes-Kaap, maar omdat ons mobiel is, doen ons besigheid oral, asook 24uur ‘n dag, met ons verkope uit die koffie trok en pakke koffie verkope.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie