Sedert ons stigting in 1961, het Toyota soveel deel geword van die Suid-Afrikaanse kultuur as die Suid-Afrikaners wat ons voertuie bestuur. Met hierdie in gedagte het ons Toyota se kultuur gevorm rondom ‘n positiewe bydrae tot die land waarvan ons hou. Dit is hoe ons daarna streef om die pad te lei!
Die verkoop van nuwe en gebruikte voertuie. Toyota Suid-Afrika is toegewyd en daartoe verbind om die reeks voertuie, onderdele, toebehore en dienste te lewer om te voldoen aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse en uitvoermarkte waaraan hy lewer en om te verseker dat produkte van uitstekende gehalte, waarde vir geld en ‘n trots op eienaarskap gevoel bied.