Terug na soekresultate

Homegym24

“Nothing tastes as good as fit feels” – Tuis gimnasium dienste

Homegym24 (Edms. Bpk) is in 2018 deur twee Gekwalifiseerde Sportwetenskaplikes gestig met die doel om ‘n gemaklike en meer bekostigbare benadering tot gesondheid en fiksheid deur Sport Wetenskap te bied. Homegym24 spesialiseer in die opleiding van atlete!

Dit is die eerste besigheid van sy soort ter wêreld. Ons werk met individue, atlete, paartjies, families en bejaardes. Buiten die feit dat ons Sportwetenskaplike afrigting bied om beserings te voorkom, bied ons ook Sportwetenskaplike toetse soos Anthropometry, Flexibility en Functional Movement Screening om veiligheid te verseker.

Homegym24 help jou om tyd en geld te bespaar deur dienste in die gerief van jou huis te lewer, terwyl jy opleidingsprogramme en voedingsplanne volgens skedule, maandelikse begroting en inkopie winkel katalogus kan kry.

Fokus punte wat ons uniek maak sluit in die feit dat kliënte tyd en geld spaar deur:

  • Afrigting te ontvang in die omgewing van hulle keuse terwyl ons alle toerusting wat benodig word verskaf – Spaar tyd en geld wat spandeer sou word in verkeer en op brandstof.
  • Vrywillige en higiëniese gebruik van toerusting en fasiliteite sonder om in rye te wag by die gimnasium tydens spitsure.
  • Spaar geld deur ‘n Wetenskaplik-geformuleerde eet program te ontvang wat ontwerp is volgens jou begroting en inkopie winkel katalogus.
  • Oefen programme word ontwerp volgens jou omgewing en behoeftes, daarom bied ons ook lidmaatskappe vir mense wat graag ‘n Wetenskaplike raamwerk wil bekom maar steeds by hul geliefkose gimnasium wil oefen.
  • Ons is ook die eerste organisasie ter wêreld wat individuele Sportwetenskaplike afrigting aanbied vir atlete wat betrokke is in spansporte.

 

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie