Terug na soekresultate

BoomKlim

Toegang tot bekostigbare en volhoubare leierskapsontwikkeling

Niemand gee erkenning of sertifikate uit vir boom klim nie. Maar dit sit ook nie in enige mens se broek om n boom op die regte manier te klim nie – dit verg vaardigheid, vooruit beplanning, kennis, en moed om jou doelwit te behaal: om so hoog moontlik te klim sonder om jou gat te sien!

Ons kursusse is relevant, prakties toepasbaar, bekostigbaar en volhoubaar. Die inhoud is in Afrikaans en is gebaseer op bestuurstrategieë wat in praktyk werk – met elke kursus kry jy toegang tot interaktiewe kursus materiaal, ‘n praktiese werkstuk waarop jy terug rapporteer op die praktiese aanwending van die nuwe benadering voordat jy ‘n sertifikaat ontvang.

Kursusse word geskryf deur industrie leiers in gedragsverandering, leierskapsontwikkeling, en organisatoriese verandering.

Ons kursusse is vir mense wat vinnige, en bekostigbare toegang tot effektiewe bestuur en leierskap beginsels benodig om sodoende hulle eie leierseienskappe te bevorder teneinde ‘n meer afgeronde werknemer of werkgewer te wees.

Soos BoomKlim is ons kursusse nie geakkrediteer nie en ons beoog om dit so te hou. Dit stel ons in staat om die inhoud so relevant en aanpasbaar moontlik te hou en om kostes so laag moontlik te
hou.

As boom klim jou afsit, maar jy hou van die idee van ‘n leerbestuurstelsel kan ons vir jou ‘n webblad (soos hierdie een) bou – kompleet met kursusse – waarmee jy jou werknemers kan toegang gee tot opleiding wat relevant is tot jou besigheid.

Hoe kan ons jou help?

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie