Terug na soekresultate

Krummel se Skuur

Daar is iets van alles te kry by Krummel se Skuur. En alles met jou hartstaal op. Unieke ontwerp met Afrikaanse gesegdes wat daagliks gebruik word, tot daai gesegde wat mens kan onthou wat jou oupa of ouma altyd gesê het. Daai \”Hisse met lang ore\” bly maar my gunsteling.

Hi

My naam is Krummel. Onthou julle daai storie baie jare terug: Nils Holgersson….. wel dit is waar ek my bynaam gekry het. Daai klein hamster wat altyd so saam Nils gespeel het….. Dink nie eers my ouma ken tot vandag toe my regte naam nie. Almal noem my Krummel. Vir jare was my bynaam maar net op familie se tonge, maar ek het by die dag al hoe meer besef dit is maar wie ek is. Nou nie \’n hamster nie, maar Krummel. Of krummelkous soos party my noem.

En dit is hoe ek Krummel se Skuur begin het.

Ek verlustig my in ons Afrikaanse spreekwoorde en gesegdes.

Ons ken mos almal \’n aapstert, \’n rabbedoe of \’n kekkelbek. Of daai oulike Afrikaanse gesegdes wat jou oupa altyd vir jou gesê het.

Krummel se Skuur sit ons hartstaal in styl terug in ons huis.

Unieke ontwerpe op koffie koppies, coasters (drankie-onderlegger), t-hempde, baba onesies en nog vele meer.

Jou Huis, Jou Taal.

Want ons mag en ons kan…. ons is tog Afrikaners!

Kontak my gerus.

Liefde

Krummel

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie