Terug na soekresultate

#KultuurAvontuurKamp

\”…Bevorder en bemark kultuur-historiese toerisme aktiwiteite in die driehoekarea Pretoria – Gauteng – Suid-Afrika…\” EVENT PLANNER. TOUR OPERATOR.

BESPREEK NOU! Slegs 48 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Pure BOSVELD. Geen stadsgeluide. 20ha waar jou kind (en jy) kan baljaar sonder enige bekommernis (kamp elektries omhein 8voet). Privaat. Skoon. Absoluut natuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. \’n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas te Rust Oord Bosveld Kamp (buite Brits), en bied skaduryke tent- of *karavaan staanplekke. PUIK!! Kom uit na Covid-LOCKDOWN en kry \’n bietjie son!

Rust Oord verskyn in Weg Ry en Sleep se 2021 Oordgids en pronk onder die 80 uitgesoekte kampplekke in Suid-Afrika. \’n Pure Bosveld (en plaas) ervaring wat wag.

Vrydag, 19 Maart 2021 besoek ons Ukutula Lodge and Game Reserve – bekend as die Plek van Stilte, waar die brul van \’n leeu kilometers ver gehoor kan word. Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons \’n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied \’n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met \’n kind (of kinders). R1659 (1 persoon) R2190 (1 ouer 1 kind) R2890 (1 ouer 2 kinders) of R3290 (1 ouers met 3 kinders) of R3599 (1 ouers met 4 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.

Vrydag, 18 Maart 2022

 

15:00 – 19:00 Aankoms

19:00 – 20:00 Braaibroodjie Kompetisie ETE1

20:00 – 21:00 Vuurtjie Pak

21:00 – 22:00 Speletjies Aand

 

Saterdag, 19 Maart 2022

07:00 – 08:00 Oats / Wheatbix ETE2

08:30 – 10:00 Staproete 3km

10:00 – 15:00 Ukutula Lodge and Lion Centre

12:00 – 12:30 Middagete (Boer Rolle) ETE3

14:00 – 16:30 Boeresport

19:00 – 20:00 Braaivleis ETE4

19:00 – 21:00 Drankie by Kroeg

21:00 – 23:00 Sterrekyk

 

Sondag, 20 Maart 2022

 

06:30 – 08:00 Bergfietsroete I @

07:00 – 08:00 Roosterkoeke en Kampvuur Koffie Ontbyt ETE5

08:00 – 09:00 Kerkdiens

10:00 – 13:00 Cheetah Walking Tour

12:00 – 13:00 Hommeltuig

13:00 – 14:00 Middagete (Hot Dogs) ETE6

15:00 – 16:30 Boeresport

16:30 – 18:00 Ontspan

19:00 – Biltong Potjiekos (+rys +tuisgebakte potbrood) ETE7

21:00 – 01:00 Lantern Jag

 

Maandag, 21 Maart 2022

 

06:30 – 08:00 Staproete III @

07:50 – 08:40 Ontbyt (Spek Eiers Roosterbrood) ETE8

08:00 Handig Kampkaart in***

09:00 – 10:00

11:00 – Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier)

10:00 – 13:00 Ontspan / Swem / Kuier

13:00 – Oorskiet Kos oppak kuier! ETE9

 

Omgewing: Kampterrein

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort: Ja

Taal: Afrikaans

Omringende Dorpe: Brits

 

Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en \’n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia.

 

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. \’n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. Bergfiets. Braaitang (slegs mans).

Respekteer asseblief inwoners en besoekers aan Rust Oord Bosveld Kamp deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. \’n minimum Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen 11 Maart 2022. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 11 Maart 2022).

Tydens EOK#8 het ons \’n behoeftige persoon gehelp om saam te kom kamp. Haar/Sy kamposte was geborg en kon die kamp saam met ons geniet. Ons wil graag hierdie tradisie voortsit – en is BAIE dankbaar vir ons BORG! – weereens dankie! In groepsverband kan ons \’n groter verskil maak in \’n mamma/pappa en kind(ers) lewe – deur \’n MEMORY te skep op hierdie kamp wat hul ewig sal bybly.

Kultuur Avontuur Kamp

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Paul Joubert (52): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 12, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en \’Content Writer\’ Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng – NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

Gareth Ferreira (36): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 4

Ronel du Toit (47): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 2

Sarel Botha (56): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 2

Kultuur Avontuur Kamp

EOK#13 | 18 Maart 2022 – 21 Maart 2022
EOK#14 | 15 April 2022 – 18 April 2022
TRE#01 | 17 Junie – 19 Junie 2022 *Treinrit
EOK#15 | 01 Julie 2022 – 04 Julie 2022 *Drakensberge
RKK#5 | 09 Augustus 2022 Radio Kuber Kontrei Golf Dag (Akasia) Pretoria
NAM#01 | 1 September 2022 – 7 September 2022 Pretoria tot Namakwaland Blomme-bustoer
RSA#01 | 9 September 2022 – 11 September 2022 Sewes Wêreldbeker Toernooi Kaapstad
EOK#18 | 23 September 2022 – 25 September 2022
EOK#16 | 06 Oktober 2022 – 09 Oktober 2022
EOK#17 | 16 Desember 2022 – 19 Desember 2022
EOK#19 | 5 Januarie 2023 – 8 Januarie 2023

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie