Terug na soekresultate

B.O.T Beeldskoon

Nael Salon Hande en voete

Ek word in die Vrystaat groot en onthou soos gister die lang, swoel somerdae waarop ek R5 vir ‘n mani- of pedikuur gevra het. Ek moes myself besig hou, want my moeder was besig met ‘n spesialiteit in Interne Geneeskunde. Nooit was ek verveeld nie. Ek het vir ure ons badkamer as ‘n spa ingerig – selfs die verwarmer in die somer aangesit om die vertrek in ‘n sona te probeer omskep. En die hele toetie was onvolmaak sonder rooibostee- of blomblare in die bad.

Jare later bevind ek my op Stellenbosch. In 2015 voltooi ek my MA in Afrikaanse digkuns. Die tesis handel oor liefdesverse wat vanuit ʼn vroulike ervaringswêreld en liggaam geskryf is. Die vrou se vermoë in die verskeie daaglikse rolle wat sy moet vertolk, laat my verwonderd.​

Na afloop van my MA, besluit ek om opvoedkunde te studeer, waarna ek onder andere by ‘n meisieskool in Stellenbosch onderrig. Hier leer ek veral hoe belangrik dit is om vir jong dames te onderrig in hul fisiese, emosionele en geestelike welstand. Heelwat van my lesse by die skool handel toe oor selfversorging. Ek sê altyd vir dames: “Wees goed vir jouself. Niemand anders gaan dit vir jou doen nie.” En dit is my leuse.​

Ek besluit om die Bio Scuplture kursus te voltooi, omrede dit vir my lekker is om vrouens te bederf. Ons kyk heeldag in ons hande vas. Ons praat met ons hande sonder om iets sê.  Ons werk hard en dien met ons hande. Soms vertoos of balsem ons met ons hande. Ons gee om en gee erkenning deur ‘n applous met ons hande. Ons voete moet ons deur die lewe dra. En tog skeep ons hierdie liggaamsdele so maklik af. Waarom?

Die naam van my onderneming, B.O.T., het uit die beheptheid met die vroulike liggaam en die versorging daarvan ontstaan. As ‘n boom begin bot, is daar tekens van lewe en vrugbaarheid en groei. Dit is simbolies van die vroulike liggaam. Maar B.O.T staan ook vir beeldskoon, onverganklik en tydloos.

Die moment wat elke vrou sien hoe haar liggaam getransformeer word tydens ‘n behandeling, is iets wat ek altyd wil vasvang en koester. Dit is hierdie oomblikke wat my laat groei in my beroep; wat my help om beter te wil wees. Ek strewe daarna om die natuurlike skoonheid in elke vrou te ontdek en uit te bring, deur haar net ‘n bietjie te poets. Tydloosheid en elegansie lê immers in die eenvoudige opgesluit.​

Vanjaar is die nuwe avontuur waarmee ek besig is, grimering. Dames, daar is min dinge wat die vrou se siel so vertroetel soos ‘n goeie gehalte grimeerkwas, onderlaag of lipstiffie. ​

Hou hierdie onderneming dop. Binnekort gaan julle die eerste boom sien B.O.T.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie