Terug na soekresultate

Die Voriemôl

‘n Kultuurwinkel met ‘n wye verskeidenheid van geskenke

Die Voriemôl is ʼn kombinasie van ʼn moderne Afrikaanse kultuurwinkel met geskenke, kreatiewe hulpmiddels, speletjies, kamp items en Voortrekkerdrag. Baie van die produkte in die winkel is uniek – soos waar in die wêreld sal jy nuut gemaakte Voortrekkerkappies kan koop! Ons ondersteun ook die gemeenskap deurdat ons geleentheid vir entrepreneurs bied om hulle produkte in die Voriemôl te verkoop. Voortrekkerspanne kan ook hulle produkte in die Voriemôl verkoop vir fondsinsamelings.

Blommetjie gedenk aan my, Ons vir jou Suid-Afrika, Pierneef, Boerseun, Voortrekkermonument, Boereplaas, My hartjie my liefie, Kerse, Krale, Windpompe, Deurstoppers, Spaarvarkies, Blikbekers,  Ossewawiele,  Grondseile, Moerkoffie, Tafeldoeke, Lipstiffiehouers, Bordesakke, Penne, Toffies, Oorbelle, Voorskote, Vatlappe, Potstaanders, Drupmatjies –

Afrikaans, Afrikaans, alles Afrikaans – by die Voriemol in Pierneefstraat!

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie