Terug na soekresultate

Sielsgoed

By Sielsgoed sal jy als vind wat aanloklik is vir die lyf!

Wat ‘n gevoel om die badkamer deur toe te stoot en van die besige wêreld daar buite te ontsnap! Ek kan vir ure in ‘n warm bad lê en my sorge weg week. Die lekkerste deel is om elke keer iets te kies wat my bad ervaring gaan opkikker hetsy dit badsout, ‘n lekker lyfskrop of ‘n prettige badsepie is. Die lewe is vol stresvolle gebeure en die halfuur wat jy gegun word om bietjie asem te skep en te ontspan moet goed gebruik word! Dis bekend dat mens fisies beter voel na ‘n lekker bad. Ons kry meer vertroue in onsself en ons is meer oortuig dat ons die uitdagings wat voorlê, kan aanpak. Sielsgoed het begin na my soeke na bekostigbare badprodukte. Produkte van goeie kwaliteit maar wat nie ‘n arm en ‘n been kos nie. Ek het my eerste badsout met groot opwinding en sukses gemaak. Kort voor lank het vriende en familie daarna gevra en so het Sielsgoed uitgebrei tot die produkte wat vandag beskikbaar is. Al ons produkte bevat geen preserveermiddels of kunsmatige parfuum nie. Ons gebruik slegs natuurlike produkte en essensiële olies om ons produkte te geur. Elke bad produk is handgemaak en chemikalieë vry.

​Ek hoop dat wanneer jy een van Sielsgoed se produkte gebruik, dit aan al jou verwagtings sal voldoen en dat dit ‘n ontspannende ervaring vir liggaam en siel sal wees!

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie