Terug na soekresultate

Happy Sea Turtle

‘n Omgewings-vriendelike produk vervaardiger

Happy Sea Turtle is doelgerig om ons omgewing te help deur produkte te maak wat omgewingsvriendelik is, maar ook help om die gebruik van enkel-gebruik plastiek te verminder.

Die maatskappy is is 2018 gestig met die idee om metaal-strooitjies te vervaardig wat bydrae tot die Seeskilpad Rehabilitasie Program by die Twee Oseane Aquarium.

Die konsep vir die strooitjie het begin toe ons leer van die negatiewe impak wat strooitjies op ons marinelewe het, veral die seeskilpaaie. Die skokkende beeld van ‘n gekalsifiseerde strooitjie wat uit ‘n seeskilpad se neus getrek word, sal vir altyd by ons bly.

Vir elke strooitjie wat ons verkoop, skenk ons R5 aan die Seeskilpad Rehabilitasie Program by die Twee Oseane Aquarium.

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie