Terug na soekresultate

Nagwag – WCS Bemarking

Sekuriteitsproduk wat uiters effektief in vergelyking met ander

Hiermee ‘n bekendstelling en beskrywing van ons nuwe produk tans op die mark.

NAAM VAN PRODUK: NAGWAG – WCS Bemarking

Beskrywing:
Dit kan beskryf word as ‘n eenvoudige, bekostigbare maar UITERS EFFEKTIEWE HULPMIDDEL teen plaasaanvalle wat baie kosbare lewens kan red.

Werking:
Dit werk soos ‘n lokval wat gestel word en wanneer aangeraak laat dit ‘n harde knal soos ‘n geweerskoot afgaan maar sonder enige lewende ammunisie, dus geen gevaar vir mens of dier nie en daarom benodig die boer ook geen wapenlisensie om dit te gebruik nie.

Primêre Funksies:

1) Die Boer word vroegtydig gewaarsku dat daar ‘n indringer of indringers op sy plaas is en kan dus betyds hom en sy gesin se veiligheid verseker (veral snags, wanneer die huismense slaap, die honde dalk vergiftig is en/of die krag afgesny is);
2) Dien as afskrikmiddel – want die indringers sal glo daar word op hulle geskiet en sal op die vlug slaan. (Miskien selfs nog voordat hulle die plaashonde kon vergiftig).
3) Kan ook baie doeltreffend teen veediefstal gebruik word.
Hierdie produk benodig geen krag of batterye nie en dieselfde item kan oor en oor gebruik word.
Die Boer kan meer as een item op verskillende strategiese plekke opstel om so ‘n groter oppervlakte te dek.

Prys: R280,00 per item plus afleweringskostes.

Aangeheg vind asseblief ‘n foto van hoe ons produk lyk en indien julle ‘n demonstrasie verlang, skakel my gerus enige tyd om ‘n afspraak te reël.

CONNIE OLIVIER
Selfoon Nommer: 083-792-2141

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie