Die 5 Goats Coffee Co. is ‘n trotse Suid-Afrikaanse en Afrikaanse vervaardiger van bobaas gehalte koffies. Ons voer van die beste koffie bone in van reg oor die wêreld om te verseker dat ons produkte se kwaliteit op n internasionale mark kan meeding.
Die maatskappy is vernoem na die 5 inheemse veldbok eko-tipes wat voorkom in Suid-Afrika. Behalwe om top kwaliteit koffies op die mark te plaas, is ons ander hoof doel om die publiek meer bewus te maak oor die bedreigde veldbokke wat in Suid-Afrika voorkom, as ook om hulle te bewaar.
As ‘n trotse Noord-Kaap gestasioneerde maatskappy is die 5 Goats Coffee Co. eg Afrikaans. Weens ons verbintenis met Britse en Amerikaanse kliënte, moes ons egter besluit op n engelse naam.
…Maar ons drink nogsteeds ons boeretroos met trots in Afrikaans!