Terug na soekresultate

Oog!

Oog!-sorg in Afrikaans. Kwaliteit gemaklike visie. Optometris

In ‘n gejaagde wereld smag ons eintlik almal op die einde van die dag na gemak.

Hoekom dan nie gemaklike visie nie?

 

Oog! verskaf gemaklike visie in Afrikaans… want dis wat jy verdien!!!

Kom loer gou in agter die skerms…..

In 2019 vier Oog! ons tiende jaar in optometrie.

Oog! spog met takke in beide Vrede en Frankfort.

Kom ons gesels met die OOg!kundige , Biance, om meer uit te vind.

Oog!?

Ja, Oog!

Die besigheidswêreld het so verengels en gekommersialiseerd geraak, dat daar maar min plek oorbly vir kultuur en eie identiteit. Oog! is ‘n tong in die kies afrikaanse praktyk wat met proffesionele diens en kwaliteit produkte sy plek in die Suid Afrikaanse mark volstaan.

Oog!  is die verkorte weergawe van oogkundige en die sentrale fokuspunt van ons dienste en produkte.

Vertel ons bietjie meer oor julle logo.

Die Oog!logo simboliseer ‘n rooi appel Met ‘n groenoog blaar.

Dis ‘n sinspeling op die engelse spreekwoord, “an apple a day, keeps the doctor away”. Ons uitgaanspunt vir die wyse waarop ons optometrie beoefen is om voorkomend op te tree teen enige iets wat visie of algemene ooggesondheid kan belemmer.

Dis ook waarom ons gereelde siftings- en inligtingsdae by skole en werksplekke hou.

Wat kan mense verwag as hulle Oog! besoek?

Oog! bied verskeie produkte en dienste aan.

Oogsorg:

Ons doen volledige oogondersoeke met die nuutste digitale tegnologie.

Ons toets nie net visie nie, maar doen ‘n ooggesondheidsevalueering en werk ‘n behandelingsplan uit om sodoende die beste uit jou lense of terapie te kry.

Rame:

Ons het ‘ n verskeidenheid reekse. Elke raam word met die handuitgesoek. Ons vlagskip reeks is natuurlik ons Oog!reeks. Nie net is hierdie reeks propvol mooi modegiere nie, maar daar is iets vir elkeen se smaak en sak.

Lenstegnologie

In samewerking van die wereldse beste laboratoriums bied ons ‘n verskeidenheid lensopsies.

Ons ken almal die alledaagse enkelvisie, bifokale en multifokalense, maar wat van ‘n fotochromatiese tint wat groen of dalk pers kleur in die son. Of ‘n lens wat “bulletproof “ is tot in met ‘n .2 kaliber? Of wat van lense wat bysiendheid beheer? Die opsies is oneindig.

Kontaklense

Daaglikse of maandelikse lense is beskikbaar.

Skiet- of veiligheidsbrille

Wees gereed vir enige iets. Ons reeks veiligheidsrame is stylvol en geskik vir beide die werksplek en skietbaan. Lense kom voor in enkelvisie of multifokaal en ook met Transitions of Crizal Antirefleksie lagies.

Sportvisie

Kom verbeter jou koordinasie, reaksie tyd en akkuraatheid. Met ‘n sportvisie evaluasie kan ons jou met om die fynere punte wat jou ‘n goeie sportman of -vrou maak te verbeter. Groep en individuele sessies kan bespreek word.

Optometrie vir die Oos Vrystaat

Kom loer in!

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie