Terug na soekresultate

Toeka se Dae

Unieke Padstal

Daar is niks so lekker soos varsgebakte plaasbrood of sommer net langs die pad te stop en by ‘n padstal iets te ete te kry nie, Toeka se Dae is net die regte plek hiervoor!

Hierdie unieke, alombekende padstal is op die R516 – 1km van die N1 af rigting Bela-Bela.

Hier kry jy tuigebakte vars plaasbrood, tuisgemaakte gemmerbier, beskuit, bees, vark, skaap, ‘n groot verskeidenheid wildsvleis, biltong en droёwors (bees en wild), kaiings, skilpadjies, allerlei “gatbrand souse”, yskoue bier, mampoer en vele meer.

Hier is ook ‘n ten volle gelisensieёrde restaurant wat onder meer pap & kaiings, skilpadjies, bunnychows, vetkoeke, pizzas, ens. verkoop.

As jy nie hier stop nie, gaan jy iets besonders mis!

Toeka se Dae – “Dis op almal se lippe”!

Deel die Besigheid

Resensies

Geen resensies beskikbaar. Indien jy van hierdie besigheid se dienste gebruik het, skryf asb ’n resensie.

Skryf 'n resensie