Ondersteun ondernemings in KwaZulu-Natal: Hier is die gids.

Laai die gids af: AfriForum Sakenetwerk – KZN

AfriForum in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, asook ander organisasies is tans besig om gemeenskappe te help wat in nood verkeer ná die onluste wat verlede week in dele van Suid-Afrika plaasgevind het. Dié organisasies word tans oorval met versoeke om hulp van onder meer individue, tehuise en versorgingsplekke.

AfriForum Sakenetwerk het daarom ook besluit om hierdie gids saam te stel. Die gids bestaan uit ondernemings wat aangedui het dat hulle tans operasioneel is en die publiek kan hulle graag ondersteun.

Die publiek, ondernemings en organisasies word gevra om betrokke te raak. Indien jou onderneming kan help met logistiek, bokse wil skenk of op enige ander manier betrokke kan raak, kontak ons gerus.