Sakenetwerk se mentorskapprogram
GroeiNet
In die dinamiese landskap van entrepreneurskap en sake-ontwikkeling, ervaar baie sake-eienaars en jong entrepreneurs ’n behoefte aan ondersteuning, insig en raad van mense wat reeds sukses behaal het. Groeinet is ’n aanlyn mentorskapprogram wat strek oor drie maande met ’n sessie elke twee weke. Die program is ontwerp om presies daardie leemte aan te spreek – deur geleentheid te skep vir praktiese leiding, die uitruil van idees en die opbou van ’n netwerk van mense wat mekaar verstaan en ondersteun in Afrikaans in Suid-Afrika.
Die program fokus op die volgende vier pilare:
- Leer en ontdekking: Bou kennis oor sake, selfleierskap en groei op.
- Klankbord en raad: Skep ’n veilige ruimte vir leiding en refleksie.
- Selfkennis en persoonlike groei: Help deelnemers om hulself en hul span beter te verstaan.
- Netwerk en gemeenskap: Verbind mense met soortgelyke uitdagings en doelwitte.
Tydsduur: Drie maande
Formaat: 100% aanlyn via Teams en afsonderlike WhatsApp-groep
Taal: Afrikaans met sekere sessies moontlik in Engels (afhangend van gassprekers)
Toegang tot hulpbronne: Alle deelnemers kry toegang tot opnames, template, leesstof en hulpmiddels.
Fooi: AfriForum Sakenetwerk-lede ontvang die diens gratis, nie-lede moet R1 500 betaal.